OPKLEUR SEMINAAR.

1. DOEL VAN OPKLEUR

  • Omdat daar al meer druk geplaas word op goed opgekleurde vrugte in die markte, is dit noodsaaklik dat ons vrugte, veral die vroeër kultivars opkleur. Spesifiek Sagte sitrus, Nawels en Suurlemoene.
  •  

    2. OPKLEUR

  • Omdat ons met baie produsente uit verskillende streke werk, maak dit die opkleur proses baie moeilik. Die rede hiervoor is omdat daar n groot variasie van kleur in die ;kratte is.

  • By opkleur sal n mens graag die kleur redelik eweredig in die kratte wil hê, nie soos op die foto nie.


  • Ek wys vir u fotos van hoe so n produk lyk na opkleur. U sal oplet dat alhoewel die kleur goed uitgekom het, daar nog steeds vrugte is wat nie die kleur standaarde maak nie en wat die produsent dus gaan verloor. Dit betaal om die vrugte uit te pluk of kleure soos 123 en 456 in verskillende kratte te pluk.


  •  

     

    OPKLEUR UIT DIE OOG VAN GHS

    1. FASILITEITE

  • Ek glo dat ons by GHS met reg kan aanspraak maak dat ons die grootste opkleur fasiliteite in die land het. Ons het op hierdie stadium plek vir sowat 7000 kratte op een slag.

  • Ons beskik oor die vermoë om aan spesiale mark vrugte, spesiale aandag te gee. Soos byvoorbeeld die VSA en Japan wat streng kleur regulasies het. Ons sal net baie streng moet wees by ontvangs want dit is baie moeilik om groen vrugte binne normale tyd op te kleur vir VSA.

  • Ons werk ook met die meeste produsente wat ontvangs en ontgroening betref.

  • Ons opkleurkamers het ook verkoeling, sowel as verhitting wat dit moontlik maak om vrugte teen 19C, wat die VSA standaarde nou vereis, op te kleur.

  • Van die kamers het n gerekenariseerde stelsel wat die toestande in die kamer outomaties beheer.

  • Die ander kamers word beheer deur n konstante ventilasie metode, wat uit die aard van die saak duurder uitwerk, omdat die toediening van etileen hoër moet wees.

  •  

    ONTVANGS EN BEHANDELING VAN KRATTE.

  • Ons kratte, word almal by ontvangs van n staafkode voorsien, wat dan die hele geskiedenis van die krat bevat. Die rede hiervoor is omdat ons met so baie produsente werk.

  • By die aflaai punt word die kratte afgelaai, gestort en dan uitgesorteer per poel, per lid, per kontrakverpakking, per kultivar of mark. Hierna word dit na die betrokke kamer wat daarvoor geskik is, verwys vir opkleur.

  • Die kratte word nou ingeskandeer in die kamers, wat dan outomaties die geskiedenis van die kratte op die stelsel vaslê. Daar word dan n relatiewe tyd gekoppel vir opkleur. Ek sê relatiewe tyd omdat daar altyd moet geoordeel word of die kleur reg is en ook om die operateur te help sodat die vrugte nie buite protokol raak nie. Dit help ook om die pakhuisbestuurder betyds te waarsku wanneer hy die vrugte by die pakhuis kan verwag.

  • Al ons vrugte moet binne die skof behandel word, en voor die volgende skof in die kamer gepak word vir opkleur.

  • Ons behandel die vrugte, laat dit dan staan om goed af te droog, en daarna word dit in die kamers gepak.

  • SWAMDODER MENGSEL

    DRENCH

    SWAMDODER

    KONSENTRASIE

     

    FUNDAZOL

    1KG / 1000 L

    500 dpm

    HARVEST WASH

    1,5L / 1000 L

    20 dpm

    DECOTINE/CITRI CURE

    5L / 1000 L

     

    AGRAL 90

    250ml / 1000 L

     

    SENAWETT 90

    2,4 D ESTER - AMIN

       

  • Nadat die kamer vol gepak is, neem ons die pit temperatuur van die vrugte om te besluit of dit verkoel of verhit moet word voor opkleur. Die vrugte moet op die regte temperatuur wees voordat opkleur proses begin.

  • Daarna word alles aangeskakel en gemonitor totdat die proses voltooi is.

  • ;Daar word saam met die Pakhuisbestuurder besluit oor die kleur van die vrugte.

  • Indien die vrugte se kleur reg is, word dit uitgery en versend na die pakhuise vir verpakking.

  • Opkleur van vrugte is n baie bevredigende werk, aangesien die opkleurder die resultaat van sy werk kan sien.

  • Daar is ook baie klagtes rondom opkleur! Een produsent het genoem dat daar baie windmerke op sy vrugte voorkom wat in die opkleurkamer ontstaan het. n Ander weer gekla oor oleo, maar later het ons uitgevind dat hy besig was met besproeiing tydens pluk. Die beste wat n mens in so n geval kan doen, is om n ander produsent se vrugte uit dieselfde kamer te neem en dit met syne te vergelyk.

  • Ek dink wat baie belangrik is, is dat opkleur alreeds op die plaas begin, soos eweredige kleur in kratte, nie turgide vrugte te pluk nie, en die vrugte by optimum pluktyd te pluk.

  • Die gedagte dat vrugte mishandel word in die opkleurkamer, is baie ver van die waarheid. Wat wel waar is, is dat wat jy insit sal jy uitkry.

  • Ons kan nie swak vrugte in die kamers verbeter nie, slegs die kleur van die vrugte kan verbeter word.

  • Ons het in die begin lesse geleer, met veral Satsumas, wat merke op die skil opgedoen het tydens opkleur. Met die jare se ondervinding het ons die probleme redelik uitgeskakel. Satsumas is veral as die skil fisiologies nog nie reg is nie, geneig tot oleo wat later in lelike merke ontaard. Dit is belangrik dat die humiditeit in die kamer reg moet wees. Die vrugte moet droog bly, met geen vry water op die skil nie, veral wanneer die vrugte teen mekaar lê.

  • Belangrik is dat die vrugte moet oornag op die plaas en die volgende oggend vroeg ingebring word, veral Sagte Sitrus.

  • Ons kleur alle Sitrus en Sagte Sitrus op.
  •  

    HOE ONS KAMERS WERK

     

    1. Die meeste van ons kamers werk op die Amerikaanse model waar dit n vals plafon het met n afskorting bo in die dak waar die sirkulasie waaiers is. Die lug word onder hoë druk in lugsakke met openinge tussen die kratte geblaas en aan die voorkant weer opgesuig oor die vals plafon.
    2. Die relatiewe humiditeit meet ons met die droë en nat bol wat dan ook die tempetaruur binne die kamer gee. Daar is ook Sigometriese kaart beskikbaar om die relatiewe humiditeit te bepaal.
    3. Daar is nog bestaande koelkamers wat ons omgebou het vir ontgroening. Ons het praktiese ondervinding wat deur jare opgebou is, gebruik en dit werk goed.
    4. Die Etileen en CO2 (koolstofdioksied) in die kamers wat nie sensors in het nie, meet ons met die Kitigawa pomp.
    5. Daar is vir my twee (2) goue reëls by ontgroening:
      1. Moet nooit haastig word nie.
      2. Wees altyd toegewyd en bereid om lang ure te werk.
    6. Soos ek hierbo gesê het, het ons van die koelkamers omgebou en gevind dat daar geen noemenswaardige verskil tussen die opkleur daarin en die van die sogenaamde regte opkleurkamers is nie.
    7. Wat die beheerstelsel betref verkies ons die konstante ventilasie met n etileen vloeimeter.

     


    Click to go back to the Degreening Seminar Page Click to go back to the Home Page