DEGREENING ROOM DESIGN

FRUIT TECHNOLOGISTS SET THE PARAMETERS

ENGINEERING MUST COMPLY

NEED A ROOM WHICH COMPLIES WITH AT LEAST

*

FRUIT SANITARY AND HYGIENE REQUIREMENTS

*

MATERIALS HANDLING REQUIREMENTS

*

DEGREENING PROCESS ENVIRONMENT REQUIREMENTS

+

Temperature

+

Humidity

+

Ethylene levels

+

Carbon Dioxide levels

+

Ventilation

 

WHAT PARAMETERS HAVE WE BEEN USING UP TO NOW

Range

Tolerance

Determining factors

Temperature

18 - 25 DEG c

?

REFRIG (YES/NO)

Humidity

90 - 98 % RH

?

REACTION TIME

Ethylene

1-5 PPM

?

MEASURING/METERING DEVICE

Carbon Dioxide

<0.3

?

VENTILATED NO BUILD UP

Ventilation

1/4 TO 2 AC/HR

?

Cost of environmental control

for all of the above

NECESSITY

for all of the above

COST vs BENEFIT

QUICK LOOK AT THE DIFFERENT PHILOSOPHIES USED BY

USA - FLORIDA (GRIERSON) DEGREENING ROOMS

SPANISH DEGREENING ROOMS

USA - CALIFORNIAN DEGREENING ROOMS

ISREALI DEGREENING ROOMS

DIFFERENCES (GENERAL PICTURE BASED ON VISITS/LITERATURE)

USA

SPAIN

USA

ISRAEL

FLORIDA

CALIFORNIA

Temperature

higher than RSA

similar RSA

similar RSA

similar RSA

Batch/continuous

continuous

both

both

?

Ventilation (continuous/co2)

continuous

both

both

continuous

Ventilation rate

1-2 ac/hr

1/2 ac/hr

1 ac/hr

1/4 - 1/2 ac/hr

Ethylene

continuous

when required

both

intermittent

Air circulation

high

low

low

?

RH

90-95%

90-92%

MID 90'S

MID 90'S

CO2

<0.3%(some higher)

<0.3%

<0.3%

<0.3%



ALGEMENE HANDLEIDING

VIR

OPKLEURKAMERS

 

1999-03-10

Opgestel deur :

Hierdie vereenvoudigde handleiding is opgestel deur GPB Consulting (GPB) om as 'n eerste verwysingsbron vir operateurs te dien. Dit word opgestel met inligting tot ons beskikking op hierdie stadium (Januarie 1997) maar is nie die produk van enige navorsing of bedryfsondervinding deur GPB nie. Die gebruik van hierdie inligting sonder om die toepaslikheid daarvan met kundige vrugtetegnoloë en/of die bemarkingsinstansie wat die opgekleurde vrugte sal bemark na te gaan, kan hoë risiko inhou. Onoordeelkundige opkleuring van vrugte kan lei tot inwendige en uitwendige beskadiging daarvan. GPB stel die inligting vervat in hierdie dokument beskikbaar op die voorwaarde dat die gebruik daarvan die alleen risiko van die persoon of instansie wat dit gebruik, is.

 

INLEIDING

 

  1. Die doel met hierdie handleiding is slegs om die basiese beginsels wat ter sprake is tydens die opkleuring van sagtesitrus in die opkleurkamers van hul kliënte in konsep te boekstaaf. Die kliënt sal self 'n meer volledige handleiding moet opstel wat deur sy operateurs gebruik kan word.
  2. Die opkleuring van sagtesitrus behels deels 'n wetenskap en deels 'n kuns.
  3. Die wetenskap-gedeelte is gewoonlik redelik maklik om te bemeester maar die kuns verg oplettendheid en bereidwilligheid om te leer uit ondervinding. GPB het geen ondervinding in die bedryf van opkleurkamers nie. Ons kan dus nie meer oordra as wat ons observasies en wetenskaplike agtergrond toelaat nie.
  4.  

    BEGINSELS

    Algemeen

  5. Die opkleurkamers is ontwerp om die beginsels van die Amerikaanse opkleur-stelsels, met enkele wysigings, wat spesifiek te doen het met die stelsel van lugbeweging, toe te pas.
  6. Opkleuring geskied teen verskeie temperature. In beginsel is die veiligste opkleur-temperatuur die laagste moontlike temperatuur waarteen opkleuring sal geskied aangesien hoë temperature 'n nadelige effek het op die raklewe van die vrugte na opkleuring. Aan die ander kant, hoe laer die temperatuur, hoe langer neem die opkleuringsproses. 'n Kompromis is dus nodig en hierdie kompromis sal tot 'n mate afhang van die vrugsoort, kultivar, graad van opkleuring wat nodig is, sowel as die rypheidsgraad van die vrugte.
  7. Die opkleurtemperatuur waarteen proefwerk in Suid-Afrika gedoen is, lei tot die volgende as maksimum temperature waarteen opkleuring behoort te geskied.
  8. Satsumas 23°C

    Clementines 23°C

    Nawels 25°C

     

    Etileen

  9. Etileen word aan die opkleurkamer voorsien as 'n mengsel van 5% etileengas en 95% stikstof. Hierdie saamgeperste gas is in gasbottels verkrygbaar van kommersiële gasverspreiders en is algemeen bekend as "ripegas".
  10. Die etileenkonsentrasie moet in die bereik een deel per miljoen tot vyf dele per miljoen wees. Let wel dat een deel per miljoen genoeg is vir die opkleuringsproses en dat die "gehalte" van opkleuring beter is hoe laer die etileenkonsentrasie wat gebruik word. Die probleem is dat dit moeilik is om die etileenkonsentrasie te meet en dus word 'n hoër mikpunt nl. drie dele per miljoen gebruik. Die gas is relatief goedkoop, maar hoër konsentrasies as vyf dele per miljoen kan nadelig wees vir die vrugte.
  11. Soos hieronder beskryf, word die lug in die opkleurkamer aanhoudend met vars lug vervang. Die gevolg hiervan is dat die etileengas ook gedurig aangevul moet word. Dit word gedoen deur die etileen via 'n verstelbare vloeimeter aan die kamer op 'n kontinue basis toe te dien.
  12. Ten einde die korrekte toediening te bepaal, word die hoeveelheid gas (teen 5% konsentrasie) as dele per miljoen van die ventilasietempo bereken. Dit is belangrik dat die vloeimeter verstelbaar is sodat aanpassings gemaak kan word in die vloei van die gas totdat die korrekte konsentrasie by bestendige omstandighede bereik word.
  13. Meet van Etileenkonsentrasie
    1. Die etileenkonsentrasie word deur middel van 'n Kitigawa pomp en gepaardgaande buis gemeet.
    2. Vir detail sien die beskrywing in Bylae A.

     

    Ventilasie

  14. Ten einde te verhoed dat koolsuurgas in die opkleurkamer opbou en ook om die opbou van bysmake te verhoed, word die opkleurkamer van vars lug voorsien teen 'n tempo van een kamervolume vars lug per uur.
  15. Die koolsuurgaskonsentrasie moet nie 0,3% oorskry nie. Hierdie konsentrasie moet ook van tyd tot tyd gemeet word om te verseker dat die kamer wel korrek funksioneer.
  16. Meet van koolsuurgasvlakke.
    1. Die meting van die koolsuurgaskonsentrasie word gedoen met dieselfde toerusting as die vir etileengaskonsentrasie. Let wel dat 'n ander buistipe as dié vir Etileen gebruik word.
    2. Sien Bylae A vir prosedure.

     

    Humiditeit

  17. Die opkleuring van vrugte moet geskied in 'n atmosfeer met baie hoë voginhoud.
  18. Daar moet egter nie enige vry water op die vrugte wees nie. Hierdie is baie belangrik aangesien vry water op die vrugte verhoed dat die etileen by die vrugoppervlak kom en ondervinding toon dat hierdie dikwels lei tot onaantreklike merke op die vrugte waar die vrugte in kontak met mekaar is. (Let wel dat daar in enige geval 'n mate van verminderde suurstof en etileenkonsentrasie is by die raakvlak tussen twee vrugte en hoe stywer die vrugte teen mekaar druk hoe minder die moontlikheid vir uitruiling van gasmolekules by hierdie kontakvlak.)
  19. Daar kan ook verwag word dat van die koolsuurgas in die kamer sal oplos in vry water en 'n lae konsentrasie suur tot gevolg hê.
  20. Die ideale voginhoud van die lug in 'n opkleurkamer is 93% tot 97% relatiewe humiditeit (RH). Hierdie relatiewe humiditeit word bereik deur 'n outomatiese toediening van fyn-verdeelde waterdruppels sodra die RH onder 93% daal.
  21. Dit is baie moeilik om RH met hoë akuraatheid (op kommersiële skaal) by hierdie hoë humiditeitsvlakke te meet. Kies toerusting versigtig en stel eerder die bereik waarteen die sproeiers afskakel by 97% RH as om "seker te maak" en 'n hoër waarde te kies. Hierdie "seker maak" kan baie maklik lei tot die ontstaan van vry water op die vrugte.
  22.  

    Lugbeweging

  23. Vir effektiewe opkleuring word daar voorgeskryf dat goeie lugbeweging oor die vrugte moet geskied.
  24. Indien die vrugte in kratte is, moet die lug deur die krat vrugte beweeg en nie om dit nie.
  25. Twee beginsels word gevolg by GPB-opkleurkamers, nl.
    1. Die "slang"-lugbeweging. (Sien Bylae B.)
    2. Die verlaagde-druk ventilasie metode. (Sien Bylae C.)

  26. In albei gevalle is dit noodsaaklik dat die operateur die plasing van kratte en afdigting van openinge sorgvuldig doen om te verseker dat die lug deur die vrugte binne-in die krat beweeg en nie die vrugte verbygaan nie. Onthou dat lug die pad van minste weestand volg en gedwing moet word om 'n moeiliker pad te volg.
  27.  

    PROSEDURE

    Kies vrugte vir opkleuring

  28. Moenie al die vrugte voor die voet pluk en dan met verskeie kleurkondisies gemeng in een krat, probeer opkleur nie. Dit sal tot gevolg hê dat die groener vugte waarskynlik te min opgekleur en die reeds opgekleurde vrugte beskadig word.
  29. Twee metodes kan gevolg word om die vrugte vir opkleuring te identifiseer :
    1. Deur reeds in die boord selektief vrugte wat die gewensde rypheidstadium bereik het, maar nie voldoende kleur het nie, te pluk vir opkleuring.
    2. Deur alle vrugte wat die gewensde rypheidstadium bereik het, te pluk en dan by die pakhuis of op 'n ander ligging te sorteer volgens kleurkode.

  30. Daar is algemeen aanvaar dat vrugte met groen kleur hoër as T7, nie sal opkleur nie.
  31. Vrugte met kleurstandaard T6 en T7 is meer vatbaar vir beskadiging en ontwikkeling van oleocellosis. Wees versigtig met die hantering daarvan. Dit veroorsaak onaantreklike swart kolle op die opgekleurde vrugte.
  32. Dit is wenslik om kleurkodes T7 en T6 te skei van kleurkodes T5 en T4. Kleurkode T4 en T5 kan dan vir bv. 24 uur opgekleur word en T6 en T7 vir bv. 36 uur.
  33.  

    Behandeling voor opkleuring.

  34. Waar van toepassing (slegs indien deel van normale praktyk) moet die vrugte soos gewoonweg vir 'n kort periode toegelaat word om te "verwelk". Na "verwelking" moet die vrugte met swamdoder behandel word. Die maklikste manier om dit te doen is om die vrugte in kratte deur 'n stortbad ("drench") te stuur. Die swamdoder wat gebruik word, moet voldoen aan die vereistes van die bemarkingsorganisasie aan wie die vrugte gelewer sal word en moet ook nie ooreenstem met die swamdoder wat gebruik word in die pakhuis wanneer die vrugte verpak word nie. Deskundige advies moet ingewin word - huidiglik word byvoorbeeld by een pakhuis aanbeveel dat die swamdoder wat voor opkleuring aangewend word 'n mengsel is van
  35. TBZ en

    2,4-D

    Die 2,4-D help om die stingelente groen te hou maar daar word ook vermoed dat dit die ontgroeningsproses teewerk.

     

    Afdroog van vrugte

  36. Die nat vrugte word nou in die opkleurkamer geplaas met alle humiditeits-aanvullingtoerusting afgeskakel. Sorg dat die ventilasiewaaiers en die waaiers wat die lug binne die opkleurkamer deur die vrugte stuur, aan is. Dit sal die gevolg hê dat die vrugte uitdroog. Indien die vrugte warmer of kouer as kamertemperatuur is, sal dit ook help om die vrugte tot kamertemperatuur te verhit of verkoel. Hierdie voordeel is egter slegs van waarde indien kamertemperatuur in die omgewing is van die temperatuur waarteen daar opgekleur gaan word.
  37. Daar moet nie vir lang periodes (sê meer as 1 uur) lug met lae voginhoud deur die vrugte geblaas word nie. Staak dus die "afdroog" sodra vrugte droog is.
  38.  

    Temperatuur van vrugte

  39. Indien die vrugtetemperatuur hoër is as die aanbevole opkleurtemperatuur, moet die vrugte toegelaat word om af te koel voordat opkleuring begin. (Voordat enige etileen toegedien word.)
  40. Die afkoeling kan geskied deur :
    1. Meganiese verkoeling
    2. Verdampingsverkoeling
    3. Natuurlike verkoeling mits die lugtemperatuur gedaal het tot onder die opkleurtemperatuur. (Dit sal wel normaalweg die geval wees snags.)

  41. Al drie bogenoemde stelsels word gebruik by GPB-opkleurkamers. Die bedryfs-prosedures vir elkeen verskil en hulle het dus aparte toerustingbedryfsprosedures wat nie deel uitmaak van hierdie dokument nie.
  42. Indien die relatiewe humiditeit van die buitelug redelik laag is, sê laer as 60%, behoort die sproeiers aangesit te word terwyl die vrugtemperatuur verlaag word in die geval van "natuurlike verkoeling" hierbo genoem. Die deure van die opkleurkamer moet egter oop staan.
  43.  

     

     

    Bedryf

  44. As die vrugtemperatuur dieselfde, of laer, is as die opkleurtemperatuur kan opkleuring begin.
  45. Maak seker dat :
    1. Die lugvloei deur die gestapelde kratte korrek is.
    2. Die ventilasiewaaier (indien geïnstalleer) aangeskakel is.
    3. Etileentoediening afsluitkrane oopgedraai is.
    4. Druklugtoediening afsluitkrane oopgedraai is.
    5. Watertoediening afsluitkrane oopgedraai is.
    6. Beheertoerusting aangeskakel is.
    7. Deur ongeveer 25mm oop is vir insuig van skoon lug/uitlaat vars lug (afhangende of ventilasiewaaier suig of inlaat).
    8. Relatiewe humiditeitsmetingsensor (natbol) se watertoediener gevul is met water.

  46. Voltooi vorm Opkleur 1 in Bylae D (of soortgelyke rekord).
  47. Gereelde monitering is belangrik, al is die stelsel so te sê volkome outomaties. Dit het die voordeel :
    1. Dat enige ongewone omstandighede (kragonderbreking, onklaarraking van toerusting of beheertoerusting, ens.) op rekord is.
    2. Dat visuele waarnemings geboekstaaf word vir gebruik tydens analise van resultate en opbou van kundigheid.

     

    Terugvoering

  48. Ons kan almal leer uit die ondervinding van andere. GPB sal u en u mede-produsente op die beste manier behulpsaam kan wees indien u ons op hoogte hou van hoe u kamers presteer - beide die suksesse en die mislukkings. U sal ook op die wyse baat vind uit die inligting van ander opkleurkamers. Ons glo in samewerking op tegniese vlak en nooi u om inligting met ons te deel - ons sal natuurlik waar van toepassing sensitiewe inligting op 'n ander wyse as algemene tegniese inligting hanteer.
  49. Ons vertrou dat u opkleuring suksesvol sal verloop.

Bylae D

OPKLEURREKORD

KAMER NO ___ VORM OPKLEUR 1

VORM VOLTOOI DEUR (naam) _____________________________________________

VRUGSOORT __________________________ KULTIVAR _______________________

IS NAGEGAAN DAT WAAIERS WERK? JA/NEE

IS DIE NATBOL SENSOR RESERVOIR VOL WATER? JA/NEE

WAT IS DIE WATERDRUK NA DIE FILTERS? _____________BAR

WAT IS DIE ETILEEN VLOEIMETER STELLING? _____________l/uur

IS DAAR MINSTENS 2 VOL ETILEEN GASBOTTELS OP DIE MANIFOLD? JA/NEE

INLIGTING

DATUM

TYD

PARAFEER

Tyd eerste krat ingelaai

-

Tyd laaste krat ingelaai

-

Aantal kratte

-

Gee temperatuur van 5 vrugte

___°C___°C___°C___°C___°C

Kleur (omring die van toepassing)

T4 / T5 / T6 / T7

-

-

-

Tipe swamdoder aangewend, lys naam (name indien mengsel)

 

-

-

 

Is vrugtetemperatuur hoër as opkleurtemperatuur?

JA/NEE

     

Indien JA moet etileen-toediening gedoen word totdat vrugtemperatuur onder opkleurtemperatuur is nie

EK HET TOT NOU NIE ETILEEN TOEGEDIEN NIE

     

Indien JA, gee vrugtemperatuur, datum en tyd gemeet nadat vrugte afgekoel het tot minstens opkleur temperatuur (5 temperature)

____°C ____°C

____°C ____°C

____°C

     

Tyd opkleurprosedure begin

-

Gemete parameters (na ongeveer 6 uur) (*)

RH = %

Temp = °C

Etileen = ppm

CO2 = %

 

INLIGTING

DATUM

TYD

PARAFEER

Gemete parameters (na ongeveer 12 uur) (*)

RH = %

Temp = °C

Etileen = ppm

CO2 = %

Gemete parameters (na ongeveer 18 uur) (*)

RH = %

Temp = °C

Etileen = ppm

CO2 = %

Gemete parameters (na ongeveer 24 uur) (*)

RH = %

Temp = °C

Etileen = ppm

CO2 = %

Gemete parameters (na ongeveer 30 uur) (*)

RH = %

Temp = °C

Etileen = ppm

CO2 = %

Gemete parameters (na ongeveer 36 uur) (*)

RH = %

Temp = °C

Etileen = ppm

CO2 = %

Tyd opkleurprosedure gestaak

-

Tyd opkleurkamer ontruim

-

(*) Let op dat Etileen en CO2 slegs waar van toepassing gemeet word.

 

Kommentaar :

Enige gebeurlikhede moet geboekstaaf word asseblief.

By begin van opkleuring : ________________________________________________

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

Tydens opkleuring : _____________________________________________

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

Nadat opkleuring gestaak is : ____________________________________________

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

Kommentaar oor visuele inspeksie van vrugte :

Vrugkwaliteit by inname : _________________________________

Enige buitengewone letsels, ens? : _________________________________

Vrugkleur na opkleuring : _________________________________

 

Enige buitengewone oppervlakverskynsels/letsels opgelet na opkleuring :

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________


Click to go back to the Degreening Seminar Page Click to go back to the Home Page